HOMEBASE TV SAAI 24/7 VIA SATELLIET IN AFRIKA UIT!

HOMEBASE TV

TV sonder Gelyke

Ons bied programme vir elke behoefte in die huis – programme oor gesonde kosmaak, kinders, pragtige musiek, onderhoude, Bybelstudies, gesondheid, preke, seminare, dokumentêre programme en vele meer. ‘n Móét vir elke gebalanseerde huis!
Hierdie TV Kanaal is ‘n nie-winsgewende organisasie. Dit bestaan uit toegewyde Christene wat die Bybelboodskap aan Suid-Afrika en die wêreld, veral via die medium van televisie, wil uitdra.

Almal met ‘n DSTV, Vivid en/of “Free to Air” dekodeerder, kan Homebase TV gratis opvang. Vertel asseblief u familie en vriende en help ons om hierdie kanaal onder die aandag van mense te bring – ‘n kanaal met morele waardes vir die huis, ‘n kanaal wat opbou en nie afbreek nie, ‘n kanaal wat lewens sal verander. ‘n Kanaal wat nie skaam is om die waarheid te vertel nie.

0
0
0